
Ek Wil Tog Net Lewe — ’n Roep vir Liefde en Veiligheid in ’n Gebroke Land
"Ek wil tog net lewe, in ‘n land wat my eer, waar ek nie hoef te vlug vir geweld of vir seer. Waar ek sonder verwerping my kinders kan leer, en saam met my mense kan plant en kan sweer. Ek wil net kan loop in strate wat vry is, waar liefde regeer en nie kleur meer ‘n eis is. Waar my taal nie bespot word, of stilweg verban, maar saam met my stories in vrede kan staan. Ek wil werk met my hande, en bou met my siel, sonder skuld of verwyte wat ek nie kies of bedoel. Ek…


